Landbouweekblad

Een verkiesing sal SA nie eensklaps verander

Vir die ANC is 2024 ’n maak-ofbreek verkiesing – gaan hy 50% haal in die nasionale en provinsiale verkiesing, of dalk selfs meer kry?

Theo Venter, politieke ontleder, sê op grond van 2019 se nasionale en provinsiale verkiesing, 2021 se plaaslikeregeringsverkiesing, meningsopnames en tussenverkiesings is die ANC se steun wel besig om af te neem en dit kan selfs tot onder 50% daal.

“Die ANC én die DA is besig om steun te verloor en daardie steun word deur onderskeidelik die EFF en Action SA opgeneem.”

Mpumelelo Mkhabela, politieke kommentator en skrywer van The enemy within: How the ANC lost the battle against corruption (Tafelberg), stem saam met Venter. “Opnames wys tot dusver die ANC se politieke steun is besig om te daal. Dit is egter nie nuut nie en het al in 2009 begin, en die vorige nasionale en munisipale verkiesings sinspeel daarop. Die ANC se eie opnames wys ook die daling. Die vraag is met hoeveel sy steun gaan daal.

“In 2024 se verkiesing maak alle partye en hul leiers saak omdat daar verwag word dit gaan hoogs bestrede wees. Hierdie verkiesing gaan baie mededingend wees en daar is baie op die spel, want ’n party met 1% (van die stemme) sal ’n rol hê om te speel binne die totale dinamika.”

Mkhabela sê die ANC sal dopgehou word oor wat hy kan verloor, terwyl die ander partye sal kyk wat hulle ten

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related