Weg!

Laat die berge jou betower

DRAKENSBERG

Wanneer ’n mens op ’n helder dag by die Cathedral Peak Hotel aangery kom, glimlag jy onwillekeurig. Die pieke van die Drakensbergse platorand gooi omtrent flikkers terwyl die son sak.

Môre gaan ons stapgroep in daardie einste berge wees. Ons gaan vyf dae lank alles wat ons nodig het, op die rug dra.

En wanneer ’n mens dóér bo op die platorand staan wat agter die hotel uittroon, kyk jy af op hierdie vallei en geskarrel van lewe hier onder lyk dan skoon onbenullig. Kom stap saam tot in die hartjie van die Drakensberg se hoogtes.

DAG 1

Mnweni-kultuur-en-stapsentrum na Mnweni-vallei (11 km)

Op die uur en ’n half lange rit van die Cathedral Peak Hotel af tot by die Mnwenikultuur-en-stapsentrum leer ek en die groepie stappers wie ek gaan begelei mekaar beter ken: die fotograaf Scott Ramsay en ’n Amerikaanse wittebroodspaartjie Felicia Hsu en Chen Xie. By Mnweni ontmoet ons vir Leonard Hlatswayo wat dié gemeenskapsgedrewe toerismeinisiatief bestuur, asook my medegids, Caiphus Mthabela, en die twee portiere, Sabelo Zwane en Ntokozakhe Hlongwane.

Met die permitte afgehandel, word ons rugsakke op ’n bakkie se dakrak vasgestrop en ons nog ’n entjie nader na die berg se voetheuwels aanry. Vriendelike gesigte loer by rondawels uit, mense wuif terwyl beeste ons ongeërg agternakyk.

Die roete begin onder in die vallei. Voor jou lê die Mnweni-rivier en doer bo toring die Mnweni Pinnacles. Dié

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related