Weg! Ry & Sleep

Rustig en veilig tot by die grens

In ons land is daar net te veel mooi plekke om by die huis te sit en kla, meen die Van Stadens. Ja, ongelukkig is daar altyd kommer oor jou veiligheid wanneer jy in die pad val, maar as jy beplan en jou kop gebruik, kan jy steeds heerlik reis, sê hulle.

Dié twee pensioentrekkers het die afgelope tyd heelwat gereis, by verskeie plekke gekamp en op baie gehawende paaie gery. Hulle het egter nooit regtig onveilig, bedreig of gestrand gevoel nie. Hulle ry kort afstande per dag en reis gewoonlik buite die vakansieseisoen. Hulle maak wel vooraf ’n paar oproepe, maar selfs sonder voorafbesprekings het hulle nooit probleme ervaar om geskikte kampplekke te kry nie. Hulle pas dikwels hulle reisplan aan soos hulle vorder, en ná sowat 20 000 km oor ’n tydperk van 13 maande het hulle geen noemenswaardige skade gely met dinge wat breek nie.

In 2022 het die Van Stadens die Krugerwildtuin besoek, maar ook by plekke soos Crook’s Corner naby die Pafuri-grenspos, die Mazhou-kamp in Mapungubwe, Bontle-kamp in Marakele en die Manyane-kamp in Pilansberg gekamp. Daarna het hulle plekke soos Morganbaai en St. Helenabaai aangedoen voordat hulle verlede jaar ’n epiese tog van Parow tot by die Ponta do Ouro-grenspos na Mosambiek aangedurf het.

Gewoonlik sleep Johan en Elmare, beter bekend as Bossie, hulle 1981-model Sprite Sport met ’n 2005-model Isuzu KB300, maar vir dié reis los

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related