![f0042-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/7zn6niod4wc27ur8/images/fileCEF3IA9Y.jpg)
![f0044-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/7zn6niod4wc27ur8/images/fileFDQWTWD4.jpg)
Elke jaar wanneer die marknavorsingsmaatskappy Ipsos die lyste van die wêreld se top-bekommernisse bekend maak, bevind Suid-Afrika hom in die voorste gestoeltes saam met die swartgalliges. Die nerwe van ons nagenoeg 62 miljoen siele aan die suidpunt van Afrika is geruime tyd al gáár oor die werkloosheidsyfer (31,9% in die derde kwartaal van 2023), misdaad, groeiende armoede en ongelykheid, korrupsie. Dié wat dit kan bekostig, gaan skuil in veiligheidskomplekse teen met hoë heinings, toegangsbeheer en sekerheidswagte. Ander trek Kaap toe of emigreer.
En sowat 3500 van hulle – almal wit, onbeskaamd Christelike Afrikaners – het sedert 1991 ’n tuiste gevind reg in die middel van die land, in die konstruksiedorpie Orania wat die departement van waterwese in 1963 opgerig het as huisvesting vir die werkers wat die besproeiingskanale na die Vanderkloofdam gebou het. Nadat die eerste fase van die dam in 1976 voltooi is, het die meeste gesinne verhuis, en 1989 was Orania ’n spookdorp. Die staat het die 64 swart en bruin gesinne wat steeds daar gewoon het, op Warrenton hervestig en die dorp, wat hulle in daardie stadium R33000 per maand gekos het om te onderhou, per veiling verkoop.
’n Groep Afrikanergesinne onder leiding van wyle prof. Carel Boshoff, skoonseun van die voormalige eerste minister dr. Hendrik Frensch Verwoerd, het einde 1990 die vervalle opslaangehuggie gekoop en dit as aandeelblokmaatskappy geregistreer.
Sedertdien word Orania as ’n private dorp bedryf, sonder enige ondersteuning of finansiering van die staat. Alregering wel sy pond vleis uit die dorp in die vorm van inkomstebelasting en BTW, het ’n regeringsverteenwoordiger onlangs in ’n debat van die Verenigde Nasies gesê die meeste Suid-Afrikaners gee nie om wat op Orania gebeur nie en wil ook nie daar bly nie.