Weg! Platteland

’n Shoppe van samesyn

Daar is byna áltyd mense in die Ten Cross Shoppe in Grahamstad (deesdae Makhanda), maar oor die etensuur is die plek stampvol, veral op Vrydae, want dan is dit pannekoekdag.

Die winkel – iets tussen ’n moderne tuisnywerheid, koffiewinkel, teetuin en padstal – fokus elke dag op ’n ander produk vars uit die kombuis: Maandae is dit pasta, Dinsdae jaffels, Woensdae vetkoek en Donderdae quiche.

“Ons het met die pannekoekdag begin en gou agtergekom kliënte hou van roetine – dit het die besigheid geweldig laat groei! Ons het ’n bordjie in die straat uitgesit en begin adverteer, en nou kan ons amper nie byhou nie. Ons bak elke Vrydag 700 pannekoeke,” vertel die eienaar, Chantelle van Eyssen.

Die idee vir die winkel het klein begin. Chantelle het 12 jaar as kantooradministrateur in die departement van ekonomiese wetenskappe by die Rhodes-universiteit gewerk, maar altyd ook gebak wanneer sy ’n kans kry.

“Ek het melkterte op bestelling begin bak, sommer 60 op ’n slag. So twee jaar voor die Covid-19-pandemie het die melktertbesigheid in so ’n mate toegeneem dat ek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related