Landbouweekblad

Erdwurms en perde laat die somme klop

Dit klink dalk verregaande, maar dit ís moontlik om jou grond met erdwurms te bewerk, met perde te beplant en met beeste te oes, volgens Petrus van Eeden van die plaas Lust by Harrismith in die Vrystaat. Dit het hierdie termynmarkmakelaar wat al langer as 25 jaar in die bedryf staan, van finansiering, versekering en die voortdurende instandhouding van dieselwerktuie bevry.

Die grootste deurbraak in sy boerdery met mielies, dekgewasse en kommersiële beeste is die stroopproses deur vee. “Vee oes met veel minder vermorsing as die mees tegnologies gevorderde stroper. Terselfdertyd word grondorganismes gevoed deur die voedingstowwe in die mielies en dekgewasse te herwin.”

Die beweiding van oeste speel ’n sleutelrol in Petrus se droom om sy grond weer só vrugbaar en vol grondlewe te kry soos in die jare toe daar net springbokke was.

“Ek het vir my kinders verduidelik die erdwurms werk die hardste op ons plaas. Hulle werk dag en nag; sonder slaap.”

Dooie grond sonder mikrobiese grondlewe, soos erdwurms, is immers nie bevorderlik vir boerdery nie. Hy haal James Brodie, veeboer van Graaff-Reinet, aan wat hy by Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie op Reitz raakgeloop het: “Niks kan op ’n baksteen groei nie.”

Petrus het die plaas in 1999 gekoop met geld wat hy met graanverhandeling verdien het. Die Claassens boer egter al sedert die Anglo-Boereoorlog toe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o