Landbouweekblad

Meer as kop bo water met hidrokrag

J apie Marais van die Lowmarboerdery op die plaas Lowlands by Cradock in die Oos-Kaap het sedert einde 2023 danksy ’n hidrokragopwekker op dié plaas 24 uur lank krag vir die hele boerdery.

Die stelsel wek tans 210 kW op, met die mikpunt om uiteindelik 290 kW op te wek. Met die 210 kW word genoeg krag voorsien om 350 ha te besproei, asook om krag te verskaf aan ’n hamermeul en verkorrelingsmasjien, vyf groot huise en ongeveer 30 werkershuise. Die mikpunt is om teen die winter nog 80 kW by te voeg.

En hy glo hidrokragopwekkers is nie net vir megaboere bestem nie.

Japie en sy pa, Philippie, boer in Karoowêreld, reg langs die Groot-Visrivier, met kleinvee as die hoofvertakking, asook met lusern, mielies, okkerneute, pekanneute en volstruise.

Hidrokrag is natuurlik nie ’n nuutjie in die Visriviervallei nie. Michael Vermaak van die Michael Vermaak-boerdery het reeds in 2010 ’n waterturbine op sy plaas by Cookhouse in die vallei opgerig om 315 kW op te wek.

Die derde turbine van dié boerdery, een van die grootstes in die Oos-Kaap, is verlede jaar opgerig.

Japie het juis by Michael gaan kers opsteek oor hoe om so ’n grootse projek aan te pak. “Ek het soveel respek vir hom. Hy was die eerste persoon wat omtrent 15 jaar gelede begin het om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Dorpers Skitter Op Bloemskou
6 Kampioenooi (40-50 kg) en reserwe junior kampioen. Eienaar: Abrie Badenhorst (agter, 082 496 0680), Ketubah-Dorpers, Driehoekspan, Hopetown. By hom is Attie en Talitha Badenhorst. Voor is Wilikus Badenhorst en Aubrey Rooifontein (hanteerder). 7 Kam
Landbouweekblad2 min read
Wêreldkongres Op Ons Voorstoep
“DIT is ’n bietjie soos om die Wêreldbekerrugbytoernooi vir bewaringslandbou aan te bied, en die beste boere en wetenskaplikes van oor die wêreld heen sal in Kaapstad byeenkom om oor bewaringslandbou te praat.” Só beskryf Chris Burgess, redakteur van
Landbouweekblad6 min read
Nuwe Krimi Plaas Media In Die Kollig
Daar verskyn soveel misdaadfiksie in Afrikaans, maar nie alles is ewe waffers nie. Wat onderskei goeie misdaadverhale van die swakkeres? Ek dink in baie goeie krimi’s is daar ’n tikkie magic, ’n bietjie toorkrag, wat jou as leser oorrompel. Jy kan ’n