Weg!

Die Wildekus se wildste

Die Wildekus se naam vertel jou alles wat jy moet weet: Dis afgeleë, onderontwikkel en deurspek met egte wilde plekke. En Pondoland, tussen die Mthatha- en Mtamvunarivier waar die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal bladskud, is nog die heel “wildste” deel. Hier’s maar min inwoners en vee, maar vele legendes en ’n oordaad natuurskoon wat ’n mens eintlik net te voet behoorlik kan verken.

Daar is verskeie ondernemings wat begeleide staptoere in Pondoland aanbied. Ek is hier om Wild Child se vier dae lange Pondo-slenterstap mee te maak en het gister reeds uit Kaapstad Durban toe gevlieg en daarna Port Edward toe gery. Maar steeds is ek nog nie naby die roete se beginpunt nie. “Ek hoop julle is gereed vir ’n paar spesiale dae,” verwelkom die gids Wojtek Orzechowski my en die res van die stapgroep op die grasperk voor die Estuary Hotel. “Ons is gelukkig – dis ’n pragtige dag en die see is mooi,” voeg hy by.

Wag ’n bietjie… wat’s dit nou van die see?

DAG 1 15 KM Mkambati na Msikaba

Die volledige inligtingspakket wat Wild Child vooraf vir ’n mens stuur, het gewaarsku dat ons vir ’n ware avontuur moet voorberei en ook seker kan wees dat ons nat gaan word.

En die eerste kans hiervoor is sommer op ons...

Ons stap die kort entjie van die hotel af strand toe waar twee rubberbote wag. Die stapgroep word in twee verdeel en ná ’n veiligheidspraatjie gryp ons die toue alkant van die boot en skrum dit die see in tot waar almal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related