![f062-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/9one99ozwgcf80g6/images/file2Q8WNTM1.jpg)
Phiring, ’n gemeenskap van sowat 600 huishoudings, lê op die Panorama-roete, maar min mense weet van dié plek. Noord van die dorpie styg die landskap vir bykans 1 000 m geleidelik tot waar die aarde skielik aftuimel teen die imposante rooi kranse wat ’n mens van Hoedspruit en omstreke af sien. Dis die uithoek van die minder bekende Limpopo-Drakensberg-platorand, en die inwoners van Phiring se agterplaas.
Tot onlangs het hierdie stuk berggrond (dit strek oor sowat 20 km, vanaf die J.G. Strijdom-tonnel in die weste tot by die canyon in die suidooste) nie vir die buitewêreld bestaan nie. Dis meestal as weiveld gebruik en die omgewing se mense kom ook hierheen vir inisiasieskole en gebed. Maar dinge is aan’ t verander, en die gemeenskap verwelkom deesdae besoekers in hulle klein paradys.
Twee hoofrolspelers is hiervoor te danke: die Kruger to Canyons Biosphere Region-organisasie (K2C) en die Hoedspruit Hub-opleidings-en-ontwikkelingsentrum (HH). Dié twee het aanvanklik ’n waterslimprojek kom implementeer en gehelp dat die weiding en agro-ekologie beter bestuur word. Die projek was maar nog in sy beginstadium toe die gemeenskap bekend maak hy wil Phiring vir toeriste oopstel. Die Ba-Dinkwanyane-toerismevereniging (BTV) is in die lewe geroep, produkte is ontwikkel en gidse opgelei.
In hierdie stadium is daar twee trekpleisters