Weg!

Die kenners se keuse

FIONA MCINTOSH

Apex Geo 200-tent

Een van dié heeljaar-tweemantent se groot trekpleisters is hoe maklik dit op- en afslaan. Jy slaan die tent en sy boseil tegelyk op: Steek net die kleurgekoördineerde tentpale inmekaar, glip dit deur die slopies op die boseil en ta-daa!

Met ’n gewig van 2,7 kg is dit nogal lig maar ruim binne, met ’n skaflike“stoepie” waar twee persone se groot ruksakke maklik inpas. Die buiteflappe voor die deur kan links óf regs ooprits, of jy kan die hele toetie oprol vir ’n onbelemmerde uitsig.

R6 600 rammountain.co.za

Black Diamond Women’s Pursuit-rugsak

Toe ek dié sak die eerste keer sien, kon ek nie glo dit het ’n kapasiteit van 30 ℓ nie. Die ontwerp is so slank, dit lyk soos ’n 20 ℓ-sak! Die rugsak vou soos ’n drukkie om jou en die rekbare materiale en kompressiestelsel maak dat dit knus teen jou lyf sit – soos ’n onderbaadjie. Selfs wanneer die sak propvol gelaai is, voel dit steeds stabiel en gemaklik op my rug.

Dit het bêreplek vir jou stapstokke, heelwat sakkies voorlangs en op die kante vir items wat jy byderhand wil hê, ’n waterbestande rits en buiten die hoofkompartement ook twee kleineres (een binne, een buite). Die maassak agterop is ook maklik bereikbaar.

R3 700 rammountain.co.za

Sea to Summit-opvoubeker

Sea to Summit se X-reeks van opvoubare, liggewig bekers, bakkies en potte is al ’n geruime tyd gewild onder stappers en kampeerders. En nou is die nuwe Frontier-reeks selfs nóg beter: Dié ultraligte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die Suide
Die Garub-watergat langs die B4, sowat 20 km wes van Aus, is die beste plek om dié perde te sien. Jy kan die Bogenfels net op ’n amptelike Sperrgebiettoer van Lüderitz af besoek. Jy voel so groot soos ’n mier as jy aan die voet van dié enorme rotsboo
Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek

Related