Weg!

’n Sagter benadering

Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plantegroei gaan stoei, ’n GPS moet hê, ’n tent saampiekel, na water soek…

Maar nadat ’n mens hierdie roete gestap het, kan jy nie help om te wonder of “wildernis” ingespan is om dié plek geheim te hou nie. Want die Boosmansbos-wildernisroete in die gelyknamige wildernisgebied langs die Grootvadersboschnatuurreservaat is redelik mak.

Die roete is goed aangedui, die paadjies is merendeels netjies en hier’s skuilings waarin stappers kan oornag. Dié staan in ’n donkergroen vallei diep in die Langeberg waar ’n stroom verbykabbel. Dis die soort plek waar ’n mens vir ewig van die beskawing kan wegkruip.

DAG 1 14 KM Grootvadersbosh na Helderfontein

Teen 7 vm. trippel ons senuweeagtig rond in die parkeerterrein by die ontvangskantoor van die Grootvadersbosch-natuurreservaat terwyl ons vir die Montagu-kar wag. Die res van ons stapgroep het reeds gisteraand in die reservaat geslaap, want ons wil juis vroeg wegkom sodat ons later vandag baie tyd in die mooi Helderfonteinvallei kan deurbring. O, ja, en hier’s byna geen skaduwee langs die roete nie. Hoe gouer ons dus die dag se skof kan kafdraf, hoe beter.

Gelukkig is dit ’n koel, bewolkte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related