![f056-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/66cucfs8cgcf80nk/images/fileFRO79ZZD.jpg)
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by die Goegap-natuurreservaat se kantoor terwyl ons eintlik al lankal op die voetpad moet wees. Ons is dankbaar vir die vuur; dit is nie altyd hier nie. Net as daar blomme is. Roosterkoek met kaas en konfyt en ’n koppie warmsjokolade hou ons verder gelukkig. En nie net vir ons nie. Die wins wat die plaaslike vroue uit hulle seisoenale “snoepie” maak, word weer gebruik om kos vir behoeftige mense op Springbok te koop.
Ons was ’n jaar gelede ook hier om die twee dae lange Hartmann’s-T Kouroete ( is die Namawoord vir die doppruimboom, waarvan hier baie is) te stap, maar toe het ’n rowwe kouefront uit die Atlantiese Oseaan basies die ysige grys see tot hier saamgesleep. Geen straaltjie van die son kon deur daardie