![f082-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/zrt0y0am8cf80q5/images/fileS81SD52X.jpg)
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veldwagter, ons meegedeel dat daar die vorige nag ’n allemintige 134 mm reën geval het. Die riviere het oor hulle walle gestoot en stappers wat reeds op die roete was, sit vasgekeer in die Wolfkloof-hut.
“ ’n Mens kan die watervalle sommer hier van onder af sien,” het Adam vertel en by die venster bergkant toe beduie. Sy voorspelling was dat die roete vir ten minste ’n paar dae gesluit sou bly. Toe hy eers ’n hele aantal reddingsoperasies begin herleef, moes ons aanvaar: Die Swellendam gaan nie dié keer gestap word nie.
Daardie aand het ons – met die hoop op ’n wonderwerk – in die dorp oorgebly, maar die volgende oggend was die trotse bergpieke nog steeds agter warrelende miswolke verskuil. En onder dié kleed uit het watervalle teen die kranse afgelint. Ons moes teen wil en dank die realiteit aanvaar en het Montagu toe gery, aan die ánderkant van die Langeberg, waar ’n sonnige Cogmanskloof-roete darem ’n troosprys was.
Laasjaar was ons weer sterk op pad hierheen toe my