Landbouweekblad

Met beeste en eende in die wingerde gedy dié wynboerdery

Wyn

Indiese drafeende wat insekte en ander plae in die wingerd in toom hou, en klein Dexter-beeste wat onkruid vreet en die grond op ’n natuurlike manier bemes. Dít is twee van die maniere waarop die wynlandgoed Vergenoegd Löw, tussen Somerset-Wes en Stellenbosch, sy koolstofspoor so laag moontlik hou en in harmonie met die natuur boer, sê Corius Visser, besturende direkteur.

Vir volhoubare wingerdbou in sy mees holistiese vorm kan ook kers opgesteek word by dié besondere wynlandgoed, want hy produseer wyne van topgehalte op die ideale grond waarin die wingerd gedy.

Die boerderybenadering behels van verantwoordelike watergebruik tot herwinning, minimale meganiese inmenging en ’n holistiese benadering om ’n natuurlike ekostelsel te vestig.

“Ons volg tot in die fynste besonderhede ’n holistiese benadering wat berus op vier pilare wat baie nou verweefd is: volhoubaarheid, ons erfenis, die gehalte van ons wyn, en ons personeel,” sê Corius.

In 2015 was Vergenoegd Löw bloot net nog ’n wynplaas in die Boland wat soos die meeste ander soortgelyke plase gefunksioneer het. Tog is daar gevoel dat dinge op die plaas, waarvan die geskiedenis tot 1696 terugdateer, begin stagneer.

In daardie jaar het prof. Peter Löw van München in Beiere, Duitsland, op die toneel verskyn. Hy is baie betrokke by groot Europese erfenisprojekte wat verskeie internasionale wynplase insluit. Toe hy Vergenoegd in 2015 besoek het, kon hy dadelik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related