Weg! Ry & Sleep

Kyk net al die waens!

TRAILPOD

Een van die nuwe gesigte op die ekspo was Danie Rossouw met sy TrailPod, en al was Danie nooit voorheen ’n kampeerder nie, het hy nie minder nie as drie nuwe Cricket-modelle vir die heel eerste keer kom wys.

Danie het sy ontwerp op die klassieke traandruppelwa gegrond. Hy het aanvanklik een vir homself gebou gedurende die Covid-19-pandemie – dié wa, wat hy Tintin genoem het, was die stamvader van die produksiemodelle wat sou volg.

Dit het Danie ses maande geneem om Tintin te bou, omdat hy alles self gedoen het, met die hand. ’n Tweede weergawe is met behulp van ’n CNC-masjien gebou, ’n projek wat net twee en ’n half maande geneem het. Nou staan die TrailPod-
reeks gereed.

Hoofstroom-traandruppelwavervaardigers gebruik hoofsaaklik veselglas of skeepshout as boumateriaal, maar Danie het op plastiekskuimpanele besluit met ’n soort melamienafwerking vir die binnekant. Dis duursaam en weeg minder. Die Cricket bestaan uit vier panele – die dak, vloer en twee kante – wat met gom geheg word. Vir die kante word twee aaneengesmelte lae van 16 mm elk gebruik, terwyl die vloer een 16 mm-laag is en die dak een 12 mm-laag. Die onderstel van Burquip is op spesifikasie vir TrailPod vervaardig en is sterk genoeg vir veldry, sê Danie. Jy kan ook kies of jou Cricket remme moet hê of nie. En afhangend van die grootte van jou sleepvoertuig se wiele is dit moontlik om dieselfde grootte op die Cricket te hê.

Danie wyk wel van die tradisionele traandrupelvorm af, want twee van die drie modelle, die Cricket XC 120 en 140 – wat buiten die breedte eenders is – het nie ’n kombuis agter nie. Dit sorg vir meer ruimte binne die wa. In albei kry jy ’n klein buitekombuis in ’n kas bo die linkerwiel. ’n Deksel slaan plat as werkblad en die sponsvorm in die kas het plek vir borde, bekers en glase. Jy kan ’n draagbare gasstoof op die blad gebruik.

’n Besonderse nuwe eienskap is ’n hangbed langs die deur wat tussen die twee sypanele inpas. Dis gemaklik genoeg vir ’n jong kind of selfs twee hondjies om op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges