Weg! Platteland

Ontmoet die mense

Mol Mashigo

Kunstenaar en fotograaf

“Hier is baie mense met kunstalent op Cullinan, maar hulle kan nie verf en kwaste en sulke dinge bekostig nie. En baie van hulle weet nie hoe om kuns te beoordeel of hulle eie werk te verkoop nie,” sê Mol, wat vier jaar oud was toe sy ouers in 1989 van Daveyton, waar hy gebore is, na Cullinan verhuis het.

In Makers Village se groot uitstalruimte is talle van sy skilderye te sien, maar hy is veral trots op dié wat tans in die Cullinan Premier Hotel ten toon gestel word. Hy haal terstond sy foon uit om van dié kunswerke te wys.

“My kunstalent kom beslis van my ma,” sê Mol, “en in my kuns druk ek die dinge uit waaroor ek droom. Gelukkig het ek so tien jaar terug die kans gekry om in Irene ’n internskap by Tania te doen, en daar ongelooflik baie geleer oor kuns, 3D-drukwerk,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related