Klein dorpe het gewoonlik die grootste stories, want oral, in elke dorre streek of geil vallei van ons wye platteland, is iedereen óf beroemd óf berug. Almal ken mekaar se gesig of geskiedenis.
Min dinge is of bly geheim.
In elke dorp se Kerkstraat – of hoofstraat wat na die stigter genoem is – woon daar dikwels ’n hogere hoofkarakter wat almal se sake, skandes en skulde ken soos somtafels. Daardie een is gewoonlik baie dik of baie dun; selde ’n gewig of gesig tussenin, en diésulke straatprinsipaalfigure is wel ware afstammelinge van ou grondvaders, óf hulle is ou inwoners wat ryk geërf het en nou met tafels vol wyn en porselein op die stoep kan sit en algar se verbygaan met insigte gadeslaan met wrange agterdog