Weg! Platteland

Ware rus… langs die waters van Sabie

‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê Jaco Reverchon.

Dit het harde werk gekos om ’n ewewig te bewerkstellig by River Stables Sabie. Hier, in ’n veld langs die Sabierivier, wei 10 doodgelukkige perde, maar dit is ook die tuiste van 5 honde, 3 donkies en ’n vet vark wat luierig rondlê.

Die eienaars, Jaco en Jens Reverchon, het in Augustus 2022 hiernatoe getrek. Voor dit was hulle in die Balule-natuurreservaat wes van die Krugerwildtuin (deel van die Groter-Kruger) waar hulle die Mhangelalodge besit en bestuur het. En voor dít was die egpaar in Kaapstad.

“Ons het die wildplaas in 2016 gekoop, maar eers in 2018 soontoe getrek,” sê Jaco, ’n argitek. “Ons het twee jaar lank tussen die Kaap en die Kruger gependel,” sê hy met ’n uitdrukking wat verklap presies hoe waansinnig daardie tyd in hulle lewe was.

In hulle vyf jaar in die bosveld het hulle die lodge gerestoureer en ’n intieme ervaring vir gaste geskep. “Ons hou van weelde, maar dinge moet ook natuurlik wees: aards, gesond en holisties,” sê Jens. “Ons wou nooit meer as vier mense op die wildkykvoertuig hê nie.”

Terwyl hulle die lodge bestuur het, het Jaco argitekswerk rondom die reservaat aanvaar, terwyl Jens die winkel Dream & Dine op Hoedspruit besit het. Hier het hy gespesialiseer in beddegoed,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Ons Gaan Dorp Toe!
Shwe-shwe-oondhandskoene R590 per paar Baraka Gifts & Decor barakashop.co.za Cozzi Pets-kaktus-katkrappaal (Nebukatneser nie te koop. – Reds.) R700 Takealot takealot.com Lidmaatskap tot die Honey Bee Heroes-klub, ’n opheffings-en-byebewaringsprojek R
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related