Weg! Platteland

Ons gaan terug plaas toe!

In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery – sal aantref: ’n Groot, gevestigde tuin met eksotiese bome wat hemelwaarts reik, met tussendeur ’n versameling pragtige klipbousels – huise, kothuise en skure. Dit is die tuiste van die Fry-familie.

Pippa groet ons met haar troppie Duitse herdershonde: Winter, Degas en Ginkgo. Sy dra ’n helder purperrooi bloes, gemaklike wit langbroek en fyn leerskoene. “Ek trek nie gewoonlik so netjies aan nie – beslis nie as ek in die kwekery werk nie! Een ding wat hierdie plaas my geleer het, is om prakties te wees.”

Pippa en Christian se aanvanklike plan was om einde 2020 na Dombeya te trek, maar hulle het op 26 Maart daardie jaar, ’n dag voor die Covid-19-inperking in werking sou tree, op die plaas aangekom. Christian is ’n varswater-ekoloog wat omgewingimpakstudies doen vir myne, terwyl Pippa as interieurontwerper en projekbestuurder gewerk het.

“Ek wou in daardie stadium van werk verander,” sê sy, “en Ebba, Christian se ma, nou 83 jaar oud, was desperaat om af te tree. Die familieplaas sou verkoop word indien ons nie met ’n ander plan vorendag kon kom nie. Ek het vir Christian gesê: ‘Hoekom probeer ons nie? Kom ons neem die kwekery oor, bestuur dit met ’n vyfjaarplan en kyk

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland12 min read
SUTHERLAND Koue Dorp Vol Warm Harte
Iemand wil weet of Sutherland ’n Woolworths Food het. Nee, antwoord jy, die plekkie is hopeloos te klein vir so iets. “Maar daar is darem seker ’n Checkers, Pick ’n Pay en so aan?” Nee, nee! Die enigste behoorlike winkel op die dorp is ’n klein OK Fo
Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,

Related Books & Audiobooks