![f0048-01](https://article-imgs.scribdassets.com/6iaqwqn9xcckfhyp/images/fileMEA3T021.jpg)
DIS ’n ou herinnering wat vandag verbete vir aandag veg. ’n Vergete herinnering van jare terug.
“Onthou jy die dag toe jy my by ’n kafee vergeet het,” vra ek my tannie waar ons in die platteland by my ma kuier om van die rumoer in die stad te ontsnap.
“Wat? Het ek jou by ’n kafee vergeet?” vra sy, verbaas en geskok.
Ek bestudeer haar gesig vir ’n rukkie. Die plooie wat net-net gesien kan word, verklap nie die stryd waarmee sy daagliks sukkel nie, en vir iemand van 68 lyk sy goed. Sy het nooit kinders van haar eie gehad nie, maar sy was nog altyd ’n ekstra ma, tannie en Vader Krismis wat links en regs vir die neefs en niggies geskenke uitdeel. Pank – Professional Aunt, No Kids – het ’n niggie haar eendag gedoop.
Vandag is Tante se wenkbroue na die hemele gelig omdat sy nie dié storie oor die kafee onthou nie. Sy