![f0010-01](https://article-imgs.scribdassets.com/8rqk0nd0cgckfhys/images/fileX5JU3UJT.jpg)
![f0010-02](https://article-imgs.scribdassets.com/8rqk0nd0cgckfhys/images/fileW7G0G76B.jpg)
![f0011-02](https://article-imgs.scribdassets.com/8rqk0nd0cgckfhys/images/filePN02AKOL.jpg)
![f0011-01](https://article-imgs.scribdassets.com/8rqk0nd0cgckfhys/images/fileYI4AMAMW.jpg)
SY WÁS ‘GE TROUD MET RUGBY’. MET MENÉÉR RUGBY. MAAR ALTYD OP DIE KANTLYN, SO BYNA WEGGESTEEK
AS DAAR nou een mens is wat die naam van ’n sepie vir haar eie lewe kon eien, was dit sy. Sy wás “getroud met rugby”. Met Menéér Rugby. Maar altyd op die kantlyn, so byna weggesteek.
Die een wat moes toekyk hoe haar man die land se liefling word. Die een wat sake tuis op koers moes hou terwyl hy op die vliegtuig spring om weer iewers te gaan rugbygeskiedenis maak. Die een wat hul drie dogters moes grootmaak terwyl hy sy manne in die Springbokspan na glorie lei.
Die een wat weet hoe dit voel as jou man se kop en hart áltyd op die veld is.
En die een wat maar die wegholgerugte van ’n ander vrou in sy lewe moes verduur …
Dink aan Rassie Erasmus, en die name van ’n hele rits manne kom sit saam met syne soos trots in jou bors. Eerstens dié van Siya Kolisi, kaptein van die Bokke en van harte.
Dan dié van Jacques Nienaber, Rassie se regterhand, en die spelers wat die Webb Ellis-trofee twee keer agtereenvolgens van die Wêreldbekertoernooi kon huis toe bring: Eben, Cheslin, Handré, Duane, Bongi, Pieter-Steph, Faf … Te veel om op te noem.
Dis hulle wat Rassie se lewe in hul groot tokse volstaan. Op die rugbyveld. In die kleedkamer. Voor die. By oefenkampe en beplanningsessies. Op weeksdae en op naweke.