Kuier

SITRUS-SENSASIE

IN DIE KOMBUIS

GEBAKTE VARKTJOPS MET SUURLEMOEN, KNOFFEL EN 'N ROMERIGE MASH

Genoeg vir 4-6 mense

BESTANDDELE

Tjops

4-6 varktjops
 1 teelepel sout
 2 teelepels varsgemaalde swartpeper
 1 teelepel fyn koljander
 1 ui, gekap
 2 knoffelhuisies, fyngekap fyngerasperde skil en sap van
 1 suurlemoen
 2 eetlepels olyfolie

Mash

8 aartappels, geskil en gehalveer
 ¼ koppie botter
 2 eetlepels room
 sout, na smaak
 ’n knippie fyn nutmeg

Afronding

1 eetlepel botter
 1 suurlemoen, in kwarte gesny
 4 knoffelhuisies, gekneus

METODE

Tjops

■ Pak die varktjops in ’n bak om te marinate. Geur die tjops met die sout, peper en koljander. Sprinkel die ui, knoffel en suurlemoenskil oor. Drup die suurlemoensap en olyfolie oor en smeer die tjops daarmee in. Bedek die bak en marinate ’n uur lank in die yskas.

Mash

■ Terwyl die tjops marinate, kook die aartappels in gesoute water tot sag. Dreineer en skep terug in die kastrol.
■ Voeg die botter en room by en druk die aartappel fyn. Meng goed en geur met die sout en nutmeg. Hou eenkant.

Afronding

■ Haal die tjops uit die marinade en skud enige oortollige marinade af. ■ Verhit ’n ■ Verlaag die hitte, voeg die botter by en braai die tjops vir nog 5-10 minute, of tot gaar soos verkies. ■ Draai die tjops gereeld, om te verseker dat dit eweredig braai. ■ Voeg die suurlemoen en knoffel by en laat die tjops 5 minute lank in die pan rus. ■ Verhit die aartappel-mash en sit voor saam met die tjops.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Make Jou Aardse Woning God Se Heiligdom
Heer, in dié land van ons het nie almal die voorreg om in 'n huis te woon nie. Party woon in 'n plakkershut, ander agter in iemand se yard, en party het nie eens 'n dak oor hul kop nie. Ons vra U beskutting oor mense in hul wonings, en ook oor dié vi
Kuier5 min read
‘Hoekom Óns Kinders?’
'n Leë, swartverbrande sinkdop op erf 122 in 7de Laan, Soebatsfontein, is die stil getuie van die tragedie wat in die eerste daglig van Saterdag 8 Junie daar afgespeel het. In dié sinkhuis het die drie Adonis-kinders, Waylene (8), Waylon (3) en Wilni
Kuier5 min read
‘Sy Lag Is Weg’
Hulle eet nie. Hulle slaap nie. En hulle glo nou nog nie. Selfs die hond bly net in haar hok lê, en loer elke keer hoopvol en in afwagting wanneer die deur oopgaan. Wat Tessa, sy geliefde boxer-hond, nie kan weet nie is dat haar liefdevolle baas, Uge

Related