![f022-02](https://article-imgs.scribdassets.com/640neuv3lsclq43e/images/fileCWQ9FTK0.jpg)
![f022-01](https://article-imgs.scribdassets.com/640neuv3lsclq43e/images/fileKETYQUEJ.jpg)
Die oorgrote meerderheid springbokke wat in Suid-Afrika gejag word, word op een van twee maniere gejag: voorsitjag of bakkiejag. Kommersiële oesspanne skiet óf in die nag met skietligte en platskietkalibers van bakkies af óf bedags vanuit helikopters, gewoonlik met semi-outomatiese haelgewere. Daar is egter ’n vyfde manier om springbokke te jag: te voet. Laasgenoemde metode is nie baie gewild nie en ek ontmoet heelwat jagters, selfs ervare jagters, wat glo dit is onmoontlik.
Ek het nog nooit springbokke vanuit ’n helikopter geskiet nie. Ek het wel al vlakvarke só geoes, maar die ander vier metodes om ’n springbok op die kombuistafel te kry, het ek reeds almal beproef. Vir my bly stapjag die mees bevredigende manier. Maar laat ek verduidelik...
![f022-03](https://article-imgs.scribdassets.com/640neuv3lsclq43e/images/file3AOAXP56.jpg)
![f023-01](https://article-imgs.scribdassets.com/640neuv3lsclq43e/images/fileH5BDNT94.jpg)
Maar is dit nie onmoontlik nie?
Daar is wel areas waar springbokjag te voet aan die onmoont-like grens. Indien die plaas waar jy jag so plat soos ’n snoekertafel is met enkelhoogte plantegroei, gaan dit wel onprakties wees, indien nie onmoontlik nie. Baie vlakteplase bestaan egter by nadere ondersoek uit golwende terrein wat dit tog moontlik maak om binne skietafstand te kom. Die oorgrote meerderheid van my springbokjagte vind in die Suid-Vrystaat en Colesberg-omgewing van die Noord-Kaap plaas. Die terrein hier bestaan uit groot, oop vlaktes, koppies, klowe en rantjies.
Op die reservaat waar ek werk, gebruik ons twee metodes: stapjag bedags, of as ons vinnig ’n groot hoeveelheid springbokke wil oes, nagjag vanaf bakkies. Ons laat geen bakkiejag gedurende die dag toe nie en nogtans jag ons, die personeel én kliënte, jaarliks tussen 200 en