![f046-01](https://article-imgs.scribdassets.com/9seqlgrawwclq43s/images/fileHKP0O79R.jpg)
![f046-02](https://article-imgs.scribdassets.com/9seqlgrawwclq43s/images/file23HMT5AY.jpg)
![f046-03](https://article-imgs.scribdassets.com/9seqlgrawwclq43s/images/fileN6YNVTXO.jpg)
Ons kinders vra so baie vrae as deel van hul groot-word. Dit is deel van hul ontwikkelingsproses om sin te maak uit die wêreld om hulle. As ouers word ons soms skoon moeg van al die “Wat is hierdie?” en “Hoekom daar-die?”. Kinders verwonder hulle aan alles wat hulle vir die eerste keer sien, en met hul vrae ontdek hulle nuwe feite wat deel word van hul menswees – ons kan so baie uit die natuur leer.
As volwassenes doen ons dit steeds as dit kom by nuwe toe-rusting of tegnologie wat ons in ons alledaagse lewe gebruik. Wanneer ons egter in die natuur kom, hoor mens dikwels “ek wil net ontspan en nie te veel dink nie”. Ons wil net die natuur geniet. In die proses verloor ons egter ons bewondering vir die natuur. Ons sien