Landbouweekblad

Gesonde, sappige varkvleis te danke aan fyn bestuur

Diversifikasie

Wat begin het met tien weesvarkies is vandag ’n onderneming met meer as 40 000 varke, sy eie slagplaas en verwerkingsfabriek, en wat werk op buurplase skep en eintlik onbeperkte moontlikhede het.

Die sneller was toe Marius Malherbe, uitvoerende hoof van die Malu-groep, presisiebeginsels in een vertakking van ’n baie gediversifiseerde boerdery begin toepas het. Vandag is die Malu-groep die grootste verskaffer van varkvleis in die Noord-Kaap en Vrystaat, en hy droom steeds groot.

Die groep boer met meer as 40 000 varke op twee plase buite Kimberley en een by Bloemhof, en het ’n slagplaas, asook ’n vleisverwerkingsfabriek en kleinhandelwinkel in Kimberley. Dit word nie verniet as een van die tien beste varkboerderye in Suid-Afrika beskou nie.

Alles het begin met tien weesvarkies wat Charles Malherbe, toe pasgetroud met Raedun, in 1968 by sy oom op Barkly-Wes gekry het. Dié egpaar het net die jaar tevore hul plaas, Pax, by Riverton 30 km noord van Kimberley, gekoop.

Malu is afgelei van Malherbe en Lubbe (Raedun se nooiensvan), en is aanvanklik in 1969 as die MALU-landgoed deur Charles en sy skoonpa geregistreer. Dit was toe ’n gemengde boerdery met onder meer varke, ’n melkery, skape, tabak en besproeiing.

Toe Marius,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o