Huisgenoot

’N VUURWARM DEURBRAAK

IN DIE gesinskamer van die Ehlers-huishouding het Mienke en haar sussie destyds gereeld konsert gehou vir hul ouers. Hierdie huiskonserte het die 13-jarige Mienke laat besef sy wil eendag ’n aktrise word.

Veertien jaar later sou Mienke (27) en haar pa hulself weer in die gesinskamer bevind, hierdie keer om die eerste 10 episodes van Wyfie te kyk. Haar rol as die student Mia in die gewaagde Showmax-reeks het baie sekstonele behels, en Mienke was bekommerd daaroor. Wat sou haar ouers dink? Wat van haar ma se Bybelstudiegroepie?

“Hulle was eintlik só ondersteunend,” vertel Mienke nou. “Hulle het verstaan dis die storie wat ek moes vertel, want dis ’n spieëlbeeld van wat werklik in die wêreld aangaan.”

Dit sal baie mense ongemaklik maak om sekstonele van jouself op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related