![f0008-01](https://article-imgs.scribdassets.com/3kwne5zxfkcn50sk/images/file4T5FOX5P.jpg)
‘EK IS SÓ VERLIEF OP MY KINDERS. EN EK IS SÓ VERLIEF DAAROP OM ’N GESIN SAAM MET IVAN TE HÊ’
HULLE is gemaak vir die skerm. Selfs waar hulle ná ’n lang dag voor die monitor inskuif vir ’n video-oproep nadat hulle pas twee woelwaters in die bed gesit het, lyk hulle soos die hoofkarakters in ’n romantiese komedie. Sy met haar lang goudblonde lokke en innemende glimlag. Hy met sy oop seunsgesig en deurdringende blou oë.
Terwyl Ivan Botha en Donnalee Roberts gereedmaak vir hul daaglikse koffie-ritueel, waarvan Huisgenoot vandag deel is, vertel hulle waar dié gebruik vandaan kom.
“Ons glo iewers in ’n dag moet jy tyd maak om saam ’n koffie te kan drink,” sê sy. “Met covid het ons pas Kaap toe getrek. Ons het in ’n nuwe huis ingetrek met ’n pasgebore baba. ’n Week later was dit die inperking. Niemand kan kom kuier nie. Niemand kan ons baba sien nie.
“Ons het toe soortvan ’n nuwe tradisie begin. Of dalk ’n nuwe manier van lewe. Ons noem dit ‘klein oorwinnings’. Al is dit net om êrens in die dag te cheers met ’n koppie koffie. Om te wys: Ek sien jou.”
Al lyk alles op die oog af baie vreedsaam by hulle, met klapborde in die boekrak agter van die flieks wat hulle saam gemaak het, soos , en , en die kaggelvuur wat knus knetter. Maar hulle