![f0074-01](https://article-imgs.scribdassets.com/9p427b78n4cn50v5/images/fileTMQRXPJT.jpg)
SOU jy die groot spelers van die 20ste eeu moet rangskik volgens snorre, sê ek aan ’n effens nuuskierige Tom Selleck, sal hy waarskynlik heel boaan die lys wees. Dan ’n paar verskriklike diktators soos Saddam Hoesein en Josef Stalin.
Tom leun nader, lig ’n wenkbrou en lag.
“Wel, myne is anders as hulle s’n, dankie tog. Maar wat van Burt Reynolds? Dit was hoog mode in die 1960’s. Burt is – was – ’n vriend. Ek het nie die snor gegroei oor Burt nie, maar ek dink hy het gedink ek het.”
Ons praat oor spesifiek ikoniese snordraers. As jy enige betekenisvolle tyd in die geselskap van Tom Selleck deurbring, dan sal jy eindelik, onvermydelik, dié onderwerp aanraak.
Hy sê hy en sy snor is eintlik aparte sterre – dat hy nie ’n diva is nie, maar die snor kan wel wees. Die snor is nogal baie ambisieus en sal selfs vir president staan al sou hy wat Tom is nooit self nie, lag hy terwyl ons weet dis nie waar nie. Want as jy aan snorre dink, dink jy aan Tom Selleck.
Hy het baiekeer daarsonder opgetree, maar die groot rolle wat met sy naam geassosieer word, van Magnum P.I. tot Three Men and a Baby, Quigley Down Under tot die aantreklike dr. Richard in Friends, het een opvallende, harige ding in gemeen.
“Ja, ek weet,” gee hy toe. “Dit het net by die punt gekom waar ek op ’n geselsprogram sou gaan en hulle sou sê: ‘Tom, ons het ’n verrassing vir jou, maar tree net geskok op wanneer almal in die gehoor op ’n sekere punt ’n snor opsit!’ En ek sou moes sê: ‘Kyk, ek weet julle het gedink julle het ’n goeie idee beet, maar ek het dit al vyf keer gedoen.’”