Landbouweekblad

Gesukkel met finansiering kry grondprojek nie onder

Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vrugtebome by Tierberg Nurseries kyk.

Johannes is saam met Bernard Engelbrecht, Dawid “Duimpie” Steenkamp en Shirley Engelbrecht die vier begunstigdes van Ceres Tierberg Boerdery, ’n vrugte-engroenteboerdery in die Koue-Bokkeveld wat met die hulp van Ceres Remhoogte Boerdery “happie vir happie, soos ’n mens ’n olifant eet”, op die been gebring word.

Ceres Remhoogte Boerdery is in 1895 begin. Die vyfde geslag van die Du Toit-familie, Heinie du Toit en sy suster en swaer, Nonna en Stokkies Hanekom, boer vandag daar.

“Ons waardes, visie en missie sê eintlik alles: Dat ’n hoër doel vir ons die belangrikste is en om ’n demonstrasie van God se koninkryk in die landbou te wees. Ons Christelike waardes en manier van doen is vir ons ononderhandelbaar, en dit kom al van ons oupagrootjies se tyd af,” vertel Heinie, en sê dit druk nou al lank op die familie se harte om grond en produksiegeleenthede aan die mense te gee wat geslag ná geslag saam met hulle die boerdery opgebou het.

“Toevallig is dit toe ook politiek korrek,” sê Heinie, wat ook visepresident van Agri Wes-Kaap is.

Die regte struktuur

Hulle het al meer as tien jaar gelede begin woeker met die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Australië Se Ysters
Die oorspronklike kolonies in Australië, sommige strafkolonies, was merendeels op die landbou ingestel en het vir naastenby ’n eeu afsonderlik ontwikkel voordat die federale staat soos ons dit vandag ken, in 1901 tot stand gekom het. Toe was daar ree
Landbouweekblad3 min read
Hawekrisis Vorder, Maar Dit Móét Vinniger
TERWYL die meeste uitvoervrugte Suid-Afrika deur die Kaapstad-hawe verlaat, is dit kommerwekkend dat dié hawe as die swakste ter wêreld benoem is. Volgens die jongste houerhaweprestasie-indeks (die CPPI) wat die Wêreldbank en S&P Global opstel, is di
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli

Related