Landbouweekblad

Briewe

POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Die goeie dinge van die ou dae ...

WENBRIEF Waar ek in die voormalige Wes-Transvaal grootgeword het, het elke plaas ’n roomafskeier gehad. Ons het almal gepraat van die seperator. Ons s’n was ’n Domo, so ’n rooie wat ek vermoed in Engeland of Italië vervaardig is. Dit was op ’n groot houtstomp in die rondawel vasgebout. Ons was vyf seuns, en namate ons opgegroei het, het elkeen geleer om die roomafskeier aanmekaar te sit en die melk af te room. Die vars melk is in ’n groot bak bo die roomafskeier deur ’n doek gegooi.

As jy een fout met die aanmekaarsit gemaak of die masjien te stadig of te vinnig gedraai het, was die room melkerig of die afgeroomde melk was romerig. Presisie was die wagwoord.

Die room is in kanne van ’n gelling (3,79 liter) van vlekvrye staal gegooi en dan een maal per week na die romery in Mafeking, nou Mahikeng, gestuur. Duffey’s Busdiens het van Klerksdorp na Mafeking gery – ons plaas was 2 myl (3,22 km) van die grootpad af. Die kanne room met die plaaseienaar se naam op die kanne gegraveer, is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related