Weg!

Waar Namibië eindig

“Hoe ver nog?” vra ek. “Seker sowat 2 km,” sê Phil van Wyk, ’n toerleier van Unbounded Namibia Safaris & Tours. Die Toyota Land Cruiser se wiele gly oor die sand. Op linkerhand waai die suidwestewind die Atlantiese Oseaan deurmekaar. Ek kry my selfoon gereed om ’n video te neem van die groot oomblik.

Eers sien jy net ’n oranjebruin vlek in die malende donkerblou massa van die see. En dan verskyn ’n breë oranjebruin strook op die landskap. Dis die Kunenerivier wat sy pad oopstoei see toe. Die rivier ontspring in die Angolese hooglande en mond sowat 1 000 km verder hier langs Namibië se Skedelkus uit.

’n Sestal witpelikane stap senuagtig eenkant toe, nader aan ’n geselskap witborsduikers. Voor ons sleep die wind in strepe oor die sand en aan die oorkant lê die ruwe berge van Angola doodstil in die son.

Hoe baie het ek nie al na dié verre kol op ’n kaart gestaar nie. En nou stroom die water van die Kunene om my voete.

Om hier by een van die laaste ware wildernisgebiede op aarde uit te kom, ry jy op grondpaaie, deur rivierlope en oor sandduine al langs Namibië se verlate Skedelkus. Wat ’n avontuur!

DAG 1: 350 km

St. Nowhere tot Skedelkusnasionale park

Teen 8.30 vm. staan die 18 toergangers in die kampterrein by die St. Nowhere-oord sowat 100 km noord van Hentiesbaai; haastig om uit die koue te kom. ’n Misbank hang oor die Atlantiese Oseaan en ’n koue wind glip by jou baadjie in.

Die konvooi van 11 voertuie val in gelid agter Phil se Cruiser in. Die ander gids, Armand van Rensburg, dek die agterhoede terwyl Guido Johannsmeier en Hansie Ruben solank vooruit ry om tente op te slaan by vanaand se kamp.

Sowat 27 km van St. Nowhere af doem die imposante nuwe Ugab-hek van die Skedelkus- nasionale park op. Ons neem ’n groepfoto en ry die park binne.

Die eerste stilhouplek is ’n groot, omgevalle boor. In die 60’s het Ben du Preez en kol. Jack Scott verskeie beleggers oortuig dat hulle olie langs die Skedelkus gaan vind. Hulle het op die ou einde nie olie gekry nie, maar het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related