Weg!

Ver in die ou Kalahari...

KALAHARI

Kalahari Farmhouse, Stampriet

Die C15-grondpad is die hoofslagaar van die westelike helfte van die Kalahari-woestyn in Namibië. Jy kan dit volg van Hoachanas suidooswaarts tot by die Mata Mata-grenspos teen die Kgalagadi-oorgrenspark. Dié roete volg die loop van die droë Auobrivier, want die rivierbedding en sy oewers bied die beste bouplek vir plaashuise en dorpies. Sodra jy wes of oos uitwyk van die Auob, is jy dadelik kniediep in die rooiduine.

Stampriet is die woeligste van die dorpies langs die C15, dalk omdat die C20-teerpad van Mariental (sowat 62 km na die weste) deur Stampriet draf na Aranos (81 km) in die ooste. Die bekende Elnatan- private skool op Stampriet lok Afrikaanssprekende skoliere van reg oor die land wat veral op sportdae baie mense dorp toe bring.

Danksy die Gondwana Collection kom hier ook toeriste uit. Die Kalahari Farmhouse is op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related