Weg!

BLYPLEK MIDDEL

BEKOSTIGBAAR

(Sien bl. 13)

SKEDELKUS EN HENTIESBAAI

1 St Nowhere Spa and Campsite

Hierdie oord en visvangkol is sowat 110 km noord van Henties. Kamp vanaf R525 p.n. vir 5 mense. Kamp met ’n see-uitsig: vanaf R600 p.n. vir 5 mense. Gemeenskaplike ablusieblok met warm storte en spoeltoilette.

Staanplekke teen die see met ’n private badkamer en windskerm kos R750 p.n. vir 5 mense. Alle staanplekke het ’n kragpunt. Selfsorgbungalow vanaf R1 100 p.n. vir 4 mense en R275 per ekstra persoon (slaapplek vir 5-9 mense). Groot groepe van tot 13 mense kan die groot huis bespreek vanaf R2 200 p.n. vir 8 mense en R275 per ekstra persoon. Pryse is as jy twee nagte bly en sluit nie die 2%-toerismeheffing of beddegoed in nie – beddegoed is beskikbaar teen ’n ekstra koste – vra as jy bespreek. Die kiosk verkoop basiese benodigdhede. Let wel, hier is nie ’n tradisionele spa nie, jy kan wel in soutwater lê.

00 264 81 124 0879
00 264 81 252 9422
bookings@stnowhere.com

2 Myl 108-kampterrein (NWR)

Dis 90 km noord van Henties. Kampplek met ’n puttoilet en geen krag: R170 p.p. (maks. 8 mense). Jy betaal R1,25 per liter water, R10 per stortbeurt. Basiese kampplek met eie ablusie, maar geen braaiplek naby nie: R280 p.p. (maks. 8 mense).

Kampplek met private ablusie (donkie vir warm water), braaiplek, stoep, wasbak en sonkragligte: R660 p.n. (maks. 4 mense) en R75 per ekstra persoon (maks. 8 mense). Basiese Fisherman-chalet: R440 p.n. (slaapplek vir 2). Dis heeljaar oop en raak stampvol in Desember en Januarie. ’n Kiosk verkoop ys, bier, aas en hout.

ct.bookings@nwr.com.na nwr.com.na

3 Kaap Kruis-reservaat

Dié kampterrein is sowat 1 km noord van die robkolonie af. Hier is vyf platforms met skuiling teen die wind. Bring drink- en waswater. Geen krag. Kamp R100 p.p. Toegang vir SAOG-dagbesoekers: R100 p.p. en R50 per kar.

00 264 81 256 4400

4 Cape Cross Lodge

Dis 60 km noord van Henties, net buite die Kaap Kruis-reservaat.

Hierdie kampterrein het 21 beskutte staanplekke (R200 p.p.) met kragpunte, ’n opwasplek en ’n braaidrom – maksimum 6 mense. Whalers-selfsorgkothuis (slaapplek vir 4): vanaf R750 p.n. Dubbelkamer in die lodge: vanaf R1 584 p.p. wat deel met aandete en ontbyt (SAOG-tarief ). Restaurant, kroeg en ’n klein museum.

00 264 64 694 012/7
capecross.org

5 Myl 72-kampterrein (NWR)

Dis 36 km noord van Henties. Kamp kos R170 p.p. (slaapplek vir 8). Hier’s nie krag nie en net ’n puttoilet. Lopende water: R1,25 per liter en R10 per stortbeurt. Basiese Fisherman-chalet: R440 p.n (slaapplek vir 2). Net oop in Desember en Januarie.

ct.bookings@nwr.com.na
nwr.com.na

6 De Duine-hotel

Teen die see in Duinestraat. Dubbelkamer vanaf R763 p.n. Gesinskamer vanaf R1 374 p.n. Hier is braaiplekke, ’n restaurant en kroeg, ’n swembad, en ’n muurbalbaan.

00 264 64 500 001
deduine.com

7 Ietsiemeer Beach House

Dié luukse selfsorggastehuis het ’n uitsig oor die see. Jy huur die huis eksklusief en hier is slaapplek vir 28 mense in 12 kamers. Huur 3 seefront-en suite-dubbelkamers vir R6 100 p.n. (dus 6 mense wat deel). Drie seefront-dubbelkamers is beskikbaar vanaf R1 455 p.n. elk. Vier binnehof-dubbelkamers R1 275 p.n. Twee gesinskamers R1 850 p.n. (slaapplek vir 4). Dié pryse is vir meer as een nag; as jy net een nag bly, betaal jy 25% meer. Vra vir die 10% afslag vir SAOG-burgers.

00 264 81 141 0702
ietsiemeer.com

8 Buck’s-woonwapark

Nie teen die see nie, maar beskut teen die wind danksy die muur wat rondom gebou is. Die beste plek om te kamp; veral as jy buite seisoen hier opdaag. Hier is 45 staanplekke – elk met krag en sy eie ablusie. R350 p.n. (R400 Desember/Januarie) vir tot 4 mense, daarna R50 p.p. ekstra (maksimum 6 mense).

00 264 64 501 039
00 264 81 270 2959
buckcamp@mweb.com.na
buckcamp@afol.com.na

9 Namib Shore-huise

Ontvangs is by Kabeljoustraat 159. Selfsorg kos vanaf R180-R300 p.p. wat deel in ’n drieslaapkamerhuis. Ook groter huise.

00 264 64 500 182
00 264 81 127 5663
00 264 81 221 5886
namibshore.com

10 Jakkalsputz (NWR)

Dis 9 km suid van Hentiesbaai. Kamp kos R170 p.p. (slaapplek vir 8). Hier’s net ’n puttoilet en jy betaal vir lopende water: R1,25 per liter. Geen krag. Net oop in Des. en Jan.

ct.bookings@nwr.com.na
nwr.com.na

SPITZKOPPE

11 Spitzkoppe Campsites

Die stuk of 30 staanplekke lê ver uitmekaar tussen die groot rotsknoetse. Elke staanplek het ’n puttoilet en hier is gemeenskaplike warmwaterstorte en spoeltoilette by die ontvangskantoor. Hier’s ook ’n kroeg en restaurant. Braaipakke. Kamp: R220 p.p. Dagbesoek: R180 p.p. ’n Begeleide uitstappie na Bushman’s Paradise se rotskunspanele hoog bo-op ’n koppie is ingesluit en duur sowat twee ure.

00 264 81 143 5048
reservations@logufa.com spitzkoppe.com

12 Spitzkoppe Tented Camp

Hierdie kamp is ’n kilometer van Spitzkoppe af. Dit het 4 private kampplekke (R210 p.p.) met ’n badkamer, braaiplek en krag en 14 en suite-safaritente met slaapplek vir twee of vier mense (R1 000 p.p.)

Jy kan ook in een van die 4 “boswaens” slaap. Die boswaens het en suite-badkamers en sonkrag (R1 000 p.p.). Donkies sorg vir warm water. Koel af in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related