Weg!

Olifante eerste!

’n Mens se lewe flits glo deur jou gedagtes in die oomblik voordat jy sterf. Jy kry nog een maal ’n kykie in al daai oomblikke wat saakgemaak het, soos wanneer jy deur ’n fotoalbum blaai. Maar waar ek nou in my kampstoel sit, met die slurp van ’n vyfton-olifant só na aan my dat ek haar asemhaling kan hoor, word ek nie getrakteer op prentjies van my tiende verjaardagpartytjie nie. Al waaraan ek dink, is dat ek dríngend moet badkamer toe…

Al was Nyae Nyae – ook bekend as die Boesmanland – die eerste gemeenskapsbewaringsgebied in Namibië (dis in 1998 geproklameer) is dit steeds báie wild! Hierdie gebied van 8 992 km² is, naas die nabye N#a-Jaqna-bewarea van net-net meer as 9 000 km², die grootste van sy soort in die land. Dit huisves sowat 2 300 van die San-subgroep wat hulleself die Ju/’hoansi noem. In die verlede het hulle gedeelde grondgebied ooswaarts tot in Botswana gestrek, en noordwaarts verby die Khaudum- nasionale park. Na die suide en weste was ook nog dele eens hulle s’n. Die Ju/’hoansi se verhaal is egter een van hartverskeurende inperking en hervestiging, maar die feit dat hulle steeds vandag hier is, sê tog iets van hulle taaiheid en trots.

Langs ’n stowwerige tweespoorsirkelpad deur die sogenaamde pannetjiesveld lê sewe gemeenskapskampplekke in digte Kalahari-bosveld. Hier’s nie windheinings nie; jy kamp in die oopte. Met die hulp van nieregeringsorganisasies soos Ubuntu Namibia is hier by sommige stanings ’n puttoilet en ’n emmerstort. En wat besoekers vir staanplek, aktiwiteite en uitstappies betaal, beland direk in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related Books & Audiobooks