Huisgenoot

Bykos vir BRAAIVLEIS

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

SPINASIEROL (BÖREK)

GENOEG VIR 2 / BEREIDING: 10 MIN. / BAK: 15-20 MIN. PER ROL

Hierdie gebakte spinasierol is maklik om te maak en kan boonop in die lugbraaier gebak word. Jy kan dit ook voor die tyd maak en 10 min. in die oond verhit net voor jy dit voorsit.

◗ 30 ml (2 e) olie
◗ 1 ui, gekap
◗ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 400 g spinasiebeet (Swiss chard), gewas en in stukke geskeur
◗ sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
◗ 300 g fetakaas met swartpeper, gekrummel
◗ sowat 70 g botter
◗ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 30 g pietersielie, gekap
◗ 10 filodeegvelle

Verhit die olie in ’n groot braaipan en soteer die ui en knoffel tot sag. Voeg die spinasie by en kook tot net verwelk. Laat koel af en druk al die vloeistof uit die mengsel. Kap die spinasiemengsel fyn, geur met die sout en peper, en voeg die feta by. Verhit die botter, knoffel en pietersielie tot die botter gesmelt het. Verf 5 filodeegvelle met die gesmelte knoffelbotter en Maak die deeg nat met ’n bietjie water om dit effens sagter te maak, vou die een punt na binne en vorm die deeg sodat dit soos ’n spiraal lyk. Bedek die deeg met ’n klam doek. Herhaal met die oorblywende filovelle en vulsel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Koos aan sy vrou: “Hoe dink jy wat sou van ’n brief word as ek dit aan ‘Die domste man in Suid-Afrika’ adresseer?” Sy vrou: “O, dit sal net eenvoudig na die sender teruggestuur word!” SAN MARCHAND San: “Mammie, die kind sukkel om te praat en hy is al
Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related