Huisgenoot

AS JY DOOD WAKKER WORD

PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorige twee swangerskappe het sy verskeie aanvalle en floutes gehad.

Vier weke in haar derde swangerskap in het sy op die vloer inmekaargesak. Haar ma, wat by haar was, het 911 gebel. Teen die tyd dat ’n ambulans daar aangekom het, was Pasiënt Een reeds meer as 10 minute bewusteloos. Volgens paramedici het haar hart gaan staan.

Sy is na die noodeenheid van die Universiteit van Michigan geneem. Daar moes mediese personeel haar bors drie keer met ’n defibrillator skok voor hulle haar hart weer aan die klop kon kry. Sy is op ’n eksterne ventilator en pasaangeër geplaas en na intensiewe sorg verskuif, waar dokters haar breinaktiwiteit gemonitor het.

Sy het nie gereageer op eksterne stimuli nie en het ’n reuse-swelling in haar brein gehad. Nadat sy drie dae lank in ’n diep koma was, het haar familie besluit om die masjiene wat haar aan die lewe hou, af te skakel.

Dit was toe – nadat sy opgehou het om suurstof te ontvang en verpleërs die asemhalingsbuis uit haar keel getrek het – dat Pasiënt Een een van die interessantste wetenskaplike onderwerpe in die onlangse geskiedenis geword het.

Prof. Jimo Borjigin, ’n navorser oor neurologie aan die Universiteit van Michigan, was al vir jare geïnteresseerd in wat met die mens gebeur wanneer jy doodgaan. Sy het al gelees oor mense wat ’n hartstilstand oorleef en ervarings gehad het soos uitsonderlike psigiese “reise” voor hulle bygebring is.

Soms het hierdie mense vertel dat hulle buite hul liggaam na oorweldigende ligbronne beweeg het waar hulle deur familielede gegroet is wat reeds dood is. Ander het gepraat van hoe hulle ’n nuwe begrip gekry het van hul lewe of dat hulle wesens van onpeilbare goedheid teëgekom het.

Jimo het nie geglo dat die inhoud van daardie stories waar kon wees nie – sy het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Koos aan sy vrou: “Hoe dink jy wat sou van ’n brief word as ek dit aan ‘Die domste man in Suid-Afrika’ adresseer?” Sy vrou: “O, dit sal net eenvoudig na die sender teruggestuur word!” SAN MARCHAND San: “Mammie, die kind sukkel om te praat en hy is al
Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related