Huisgenoot

TWEE BONDELS VREUGDE, JAKKALS EN WOLF

‘ONS HET VROEG OP DIE NAME ANDRÉ EN HENRY BESLUIT, VER-NOEM NA ONS PA’S, MAAR JAKKALS EN WOLF HET NET VASGESTEEK’

’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse te stap of Japan te gaan verken.

Maar vir die bekende skrywer, joernalis en TV-aanbieder van kykNET se Elders-reisprogramme was pa-word ’n ander storie. Erns Grundling (44) was nie dadelik seker of hy daarvoor kans sien toe sy vrou, Catharien (39), op ’n Sondagmiddag in 2022 ná ’n braai met hegte vriende en hul gesinne laat hoor: “Dit was nogal lekker saam met die kinders, nè?”

Eers ’n dag later het die gedagte deur sy kop geflits: Hoekom nie?

En toe is dit nie net een babatjie wat eindelik ’n opwagting maak nie, maar sommer twee. Boonop was dit nie net ’n tweeling nie, maar ’n identiese tweeling.

Die twee lyk op ’n druppel na mekaar, en nés Erns, lag Catharien.

Die babas was al voor hul geboorte vir unieke name bestem.

“André Jakkals” is eerste gebore, en “Henry Wolf” vier minute later.

En nou, twee maande ná die geboorte van die seuntjies, is Erns al net so tuis in sy nuwe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol
Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot2 min read
’n Uittreksel Uit Onder Water
Ek skuld hom so baie. ’n Paar maande ná my pa se dood het hy my eendag gekry waar ek agter die tennishuisie vir die wêreld weggekruip het. My trane, my hartseer, was myne en myne alleen. Ek wou nie met enigiemand praat oor hoe seer ek steeds was nie.

Related Books & Audiobooks