Idees

'N SPRITSIE GELUK

My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel …

Huisagente raai dikwels hul kliënte aan om die aroma van vars gebroude koffie in hul huis te laat hang wanneer dit skoudag is, andere glo weer dat die geur van 'n ui wat bak in die oond voornemende kopers tuis laat voel.

Jou huis hoef nie in die mark te wees of vir gaste reggeruk te word nie: Jou sin van sensoriese welstand het alles te make met hoe jou huis ruik, hoe jy die atmosfeer van jou tuiste ervaar.

In die era van die metawêreld of metaverse (waarin ons nou is) word gepraat van multi-sensoriese integrasie. Dit beteken dat dit wat ons sintuiglik ervaar in ons omgewing, sekere response, soos vreugde en harmonie, stimuleer.

Die atmosferiese geuring van jou huis, vliegtuigkajuit, Uber, motor, bus, trein of hotel het alles te doen met jou reuksintuig as drywer van hoe jy voel, sê dr. Ari Peralta in sy webinaar Sensory Wellness Development wat aangebied is deur die Gobal Wellness Summit.

Dit is nie toevallig dat omtrent elke handelsmerk onder die son (selfs Harley-motorfietse!) hulle wend tot 'n kenmerkende of aangename geur waarmee die verbruiker hulle sal vereenselwig en dat winkelrakke uit hul nate bars met huisgeurprodukte nie.

Die atmosfeer in ons huis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Ietsie Speels
WENK: Gebruik sigsagsteek om te keer dat die rand rafel. BLOMKOMBERS PATROON EN STEEKGIDS LINNEROK 1 blokkie = 1 × 1 cm Kleremakersgrafiekpapier kan bestel word by marweya@ideasfactory.co.za.
Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees1 min read
Mooi Bewaar
♥ gunstelingfoto's ♥ verskillende stukkies bypassende lint ♥ handwerkgom ♥ skêr ♥ fotoalbum of mooi raam

Related