Idees

'N KNIPPIE NOSTALGIE

✽ As kind het ek van my gelukkigste tye saam met my ouma Edna Holst beleef. My ouma en oupa het in die pragtige dorpie Hogsback in die Oos-Kaap gewoon en ons het dikwels oor naweke en met vakansies daar gaan ✽ In haar later jare het Ouma die klein poskantoor op Hogsback bestuur. Ons het dikwels briewe vir mekaar geskryf; ek het nog van die briewe en lees dit steeds van tyd tot tyd. Ek kan dan nie anders as om te glimlag nie. ✽ My ouma was baie lief vir brei en het my klein-klein geleer brei. Dis iets wat ek vandag nog graag doen (as ek tyd het!). ✽ Sy was net so lief vir tuinmaak en as ek terugdink aan hulle huis in Hogsback, ruik ek nog die rose wat sy oral in haar tuin geplant het. Ek onthou ook die bosse krismisrose en asaleas wat altyd so mooi geblom het. ✽ Junie se geboortesteen is die pêrel. My ouma het altyd gesê dis hoekom sy so graag haar string pêrels dra. ✽ Ek het soveel mooi herinneringe aan my ouma, maar die een ding wat ek nooit sal vergeet nie, is hoe sag en warm haar drukkies was. Sy was 'n baie spesiale mens.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
My Ouma In Kaneel
✽ My ma het my al baie vertel hoe arm hulle grootgeword het, maar dat daar altyd 'n oorvloed van liefde en kos in hulle huis was. Dit is presies hoe ek my ouma Bessie onthou … haar hart en haar huis was altyd oop vir almal en haar koekblikke vol van
Idees1 min read
Ietsie Speels
WENK: Gebruik sigsagsteek om te keer dat die rand rafel. BLOMKOMBERS PATROON EN STEEKGIDS LINNEROK 1 blokkie = 1 × 1 cm Kleremakersgrafiekpapier kan bestel word by marweya@ideasfactory.co.za.
Idees1 min read
Mooi Bewaar
♥ gunstelingfoto's ♥ verskillende stukkies bypassende lint ♥ handwerkgom ♥ skêr ♥ fotoalbum of mooi raam

Related