Idees

OP JOU LEESLYS

KOS

BIBBY'S: MORE GOOD FOOD DIANNE BIBBY (PENGUIN SA, R480)

Die resepte in hierdie boek is meestal eenvoudig, maar tog ook veelsydig en sonder fieterjasies wat jou kan intimideer. Van die resepte is ook plantgebaseer met 'n oorvloed van tekstuur en geur. Dianne gee raad oor wat jy alles in jou spens moet hê en hoe jy dit ten beste kan benut. Kos vir besige weeksdae word gebalanseer met bederwe wat jy tydsaam oor die naweek kan kook wanneer 'n paar genadige ure in die kombuis jou net goed kan doen. Die deure vir kuier en onthaal word ook wyd oopgegooi met kos wat met kreatiewe tafels trou. Spyskaarte wat sorgsaam saamgestel is, verseker dat jou beplanning en bereiding vlot verloop van begin tot end. As jy hou van anderste kos, is dié boek vir jou.

EAT AND ENJOY GLUTEN FREE LAURA STRANGE (HARDIE GRANT, R580)

Met 100 glutenvrye resepte wat in twee afdelings, Meals for Everyone en Baking Up a Storm, ingedeel is, neem hierdie boek jou van vinnige midweeketes na maklike feesmaaltye, perfekte pasta en heerlike nageregte. Laura gee ook raad om jou te help om die beginsels van bak baas te raak en jou selfvertroue in die kombuis 'n hupstoot te gee tot jy gereed is om jou eie glutenvrye pronkstukke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
My Ouma In Kaneel
✽ My ma het my al baie vertel hoe arm hulle grootgeword het, maar dat daar altyd 'n oorvloed van liefde en kos in hulle huis was. Dit is presies hoe ek my ouma Bessie onthou … haar hart en haar huis was altyd oop vir almal en haar koekblikke vol van
Idees1 min read
In Die Kol
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 'n uur of twee ♥ wit hemp ♥ donkerrooi stringborduurgare ♥ borduurnaald ♥ klein borduurring ♥ materiaalmerkpen 1 Merk met jou materiaalmerkpen kolletjies op die hemp uit – probeer die kolle eweredig spasieer. 2 Gebruik
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu

Related