![f0059-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/1xm3txabwgcov7zc/images/fileTBM7HYB8.jpg)
BOTTERSKORSIESOP MET HARISSASMEER
Hierdie gladde, romerige sop word ekstra lekker gemaak met'n skeppie harissasmeer. Potjies van dié rooirissiesmeer uit Noord-Afrika is gewoonlik by die speserye in jou plaaslike supermark te koop.
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
♥ 100 g botter
♥ 2 uie, gekap
♥ 45 ml harissasmeer
♥ 750 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
♥ 250 g patat, geskil en in blokkies gesny
♥ 1 Granny Smith-appel, geskil, klokhuis verwyder en in blokkies gesny
♥ 1,25 liter hoender- of groenteaftreksel
♥ 50 ml fyngekapte vars koljanderblare
♥ 'n stewige skeut lemmetjie- of suurlemoensap
♥ droë rissievlokkies, om voor te sit (opsioneel)
Verhit die botter in 'n groot kastrol. Voeg die ui by en soteer dit oor lae hitte vir omtrent 10 minute tot dit sag is. Voeg die harissasmeer by en braai dit nog 'n