Idees

COCO SE KNOOPTRUI

naaldwerk

MOEILIKHEIDSGRAAD: moeilik

TYD: omtrent 60 uur

GROOTTE

Groot.

Vir XG gebruik 'n 5 mm-hekelpen.

Vir M gebruik 'n dunner dubbelbreidraad, bv. Classic Wool DK van Elle en 'n 3,75 mm-hekelpen.

Vir K gebruik Charity 4-draad en 'n 3,5 mm-hekelpen.

JY BENODIG

♥ dubbelbreidraad in 100 g Charity DK in die volgende kleure: School Grey, Rhino, Porcelain, Tiger Cerise, Neutral, Tan; 2 x 100 g in Charcoal
♥ 4 mm-hekelpen
♥ tapisserienaald no. 18
♥ 12 steekmerkers in verskillende kleure (twee stelle, elk 1-6 genommer)
♥ 6 pêrelknope van 12 mm in deursnee met stammetjies
♥ 2 m geweefde of satynlint van 12 mm
♥ 4 stroke papier, 10 haakspelde, pen

AFKORTINGS

ablb – agterbeentjielangbeen
beg – begin
do – draad oor
dsl – dubbelslagsteek
gls – glipsteek
her – herhaal
hlb – halwe langbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
lb-tr(s) – langbeentrossie(s)
rdte(s) – rondte(s)
RK – regte kant
sm(s) – steekmerker(s)
sp(s) – spasie(s)
st(e) – steek(steke)
vblb – voorbeentjielangbeen
vlg – volgende

SPESIALE STEKE

Pofsteek (pofst): (do, steek pen in sp aangedui, do, trek breidraad op tot hoogte van 'n kb) 4 keer, do, trek deur al die lusse op pen, ks 1.

V steek (v st): lb in sp aangedui, ks 2, lb in dieselfde sp, ks 1.

Drie V steek (drie v st): 3 dsl in sp aangedui, ks 3, 3 dsl in dieselfde sp.

LET WEL

Dié trui bestaan uit 4 dele:

2 x rye van 4 pofblomblokke elk vir die skouer en bokant van die mou

2 x seshoekvormige oumablokke met bygevoegde rye om die 2 lyfdele te vorm (voorpante, onderkant van moue en agterpante)

Onthou asseblief ks 1 as deel van die spesiale ste soos hierbo beskryf.

Onthou om kleure af te wissel wanneer kettingsteke gehekel word (alternatiewe kleurtegniek rdte 6 van pofblom).

SO HEKEL JY

POFBLOMBLOK (HEKEL 8)

Met 4 mm-hekelpen en School Grey, ks 4. Sluit om 'n ring te vorm deur gls in eerste ks te hekel.

Ks 3, hekel 8 pofste in ring, gls bo in eerste pofst gehekel, heg af.  Las Rhino aan in enige van die 1-ks-sps in rdte 1, ks 4, lb in dieselfde sp, ks 1, (hekel 2 pofste in vlg 1-ks-sp, hekel v st in vlg 1-ks-sp) 3 keer, hekel 2 pofste in vlg 1-ks-sp, gls in 4-ks-sp aan beg van rdte 2, heg af.  Las Porcelain aan in enige 2-ks-sp geskep deur v st in rdte 2, ks 3, hekel 2 pofste in dieselfde sp, (hekel 1 pofst in vlg 1-ks-sp, hekel 2 pofste in vlg 1-ks-sp, hekel 1 pofst in vlg 1-ks-sp, hekel 2 pofste in vlg 2-ks-sp geskep deur v st) 3 keer, hekel 1 pofst in vlg 1-ks-sp, hekel 2 pofste in vlg 1-ks-sp, hekel 1 pofst  Las Tiger Cerise breidraad aan in eerste 1-ks-sp van rdte 3, (ks 2, hekel 2 pofste in dieselfde sp, heg af, slaan 5 1-ks-sps oor, las Tiger Cerise breidraad aan in vlg 1-ks-sp) 3 keer, ks 2, hekel 2 pofste in dieselfde sp, heg af.  Las Neutral aan in enige 1-ks-sp tussen pofste van rdte 4, (ks 3, hekel drie v st in vlg derde beskikbare 1-ks-sp van rdte 3, ks 3, gls in 1-ks-sp tussen vlg 2 Tiger Cerise pofste) 4 keer, heg af.  Hekel rdte 6 . Las Charcoal breidraad aan bo in eerste dsl van rdte 5, ks 2, hekel met Tan ks 1 deur Charcoal lus op pen, met Tan lb in vlg st maar trek Charcoal breidraad deur laaste 2 lusse op pen, met Charcoal lb in vlg st maar trek Tan breidraad deur laaste 2 lusse op pen, met alternatiewe kleurveranderingstegniek [(hekel 2 lb, ks 3, 2 lb) in 3-ks-hoek-sp, hekel 1 lb in elk van vlg 3 lb, hekel 3 lb in vlg 3-ks-sp, lb in 1-ks-sp tussen pofste in rdte 4, hekel 3 lb in vlg 3-ks-sp, hekel 1 lb in elk van die vlg 3 lb] 3 keer, gaan voort met alternatiewe kleurveranderingstegniek (hekel 2 lb, ks 3, 2 lb) in 3-ks-hoek-sp, hekel 1 lb in elk van vlg 3 lb, hekel 3 lb in vlg 3-ks-sp, lb in 1-ks-sp tussen pofste in rdte 4, hekel 3 lb in vlg 3-ks-sp, gls bo in 3 ks aan beg van rdte 6, heg af.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Ietsie Speels
WENK: Gebruik sigsagsteek om te keer dat die rand rafel. BLOMKOMBERS PATROON EN STEEKGIDS LINNEROK 1 blokkie = 1 × 1 cm Kleremakersgrafiekpapier kan bestel word by marweya@ideasfactory.co.za.
Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees1 min read
Mooi Bewaar
♥ gunstelingfoto's ♥ verskillende stukkies bypassende lint ♥ handwerkgom ♥ skêr ♥ fotoalbum of mooi raam