Idees

KERRIE EN RYS

BEESKORTRIB-KERRIE

Hierdie warm Durban-styl kerrie bevat lekker baie speserye. Jy kan enige snit stowevleis van jou keuse gebruik.

Genoeg vir: 4-6

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: omtrent 1½ uur

♥ 45 ml canola-olie
♥ 2 kaneelstokkies
♥ 2 steranyssade
♥ 5 ml heel vinkelsaad
♥ 1 groot ui, fyngekap
♥ 1 takkie kerrieblare
♥ 4 knoffelhuisies, fyngedruk
 ♥ 15 ml fyngerasperde vars gemmerwortel
♥ 2 ml fyn borrie
♥ 30-45 ml warm Durban-masala-mengsel
♥ 10 ml Kasjmiri-rissiepoeier
♥ 1 kg beeskortrib, in stukke gesny
♥ 1 blik (410 g) gekapte tamaties
♥ 1-3 groen brandrissies, pitte verwyder en gesny
♥ 5 ml garam masala
♥ vars koljanderblare en rys van jou keuse, om voor te sit

Verhit 'n kastrol oor matige hitte en voeg die olie by. Voeg die heel speserye by, braai dit vir 2 minute, en voeg dan die ui by en soteer dit vir nog 3 minute. Voeg die kerrieblare by en roerbraai dit vir 2 minute. Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai dit vir 3 minute.  Voeg die borrie, masala en rissiepoeier by. Roerbraai dit vir 'n minuut of wat tot geurig.  Voeg die vleis by en roer dit goed deur. Voeg die tamatie by, sit die deksel op en laat dit vir 10 minute prut. Voeg 500 ml water by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir 1-1½ uur verder prut tot die vleis sag is.  Voeg die vars brandrissie en garam masala by en geur die kerrie na smaak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Ietsie Speels
WENK: Gebruik sigsagsteek om te keer dat die rand rafel. BLOMKOMBERS PATROON EN STEEKGIDS LINNEROK 1 blokkie = 1 × 1 cm Kleremakersgrafiekpapier kan bestel word by marweya@ideasfactory.co.za.
Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees1 min read
Mooi Bewaar
♥ gunstelingfoto's ♥ verskillende stukkies bypassende lint ♥ handwerkgom ♥ skêr ♥ fotoalbum of mooi raam

Related