Idees

MY OUMA IN KANEEL

✽ My ma het my al baie vertel hoe arm hulle grootgeword het, maar dat daar altyd 'n oorvloed van liefde en kos in hulle huis was. Dit is presies hoe ek my ouma Bessie onthou … haar hart en haar huis was altyd oop vir ✽ My ouma en oupa het gewoon op Lambertsbaai, 'n klein vissersdorpie aan die Weskus. Ek onthou hoe ons vakansietye vroeg wakker geword het soos Ouma die skuifraamvensters, wat met toue gewerk het, opgestoot het vir die seelug om in te kom. Daarna het sy en my oupa huisgodsdiens gehou en jy kon in die oggendstilte hoor hoe daar vir elke kind en kleinkind gebid word. ✽ Ouma se hande het vir niks verkeerd gestaan nie en sy was op die dorp bekend vir haar lekker melktert. Sy het gedurig geëksperimenteer, want die voetsooltjie moet dun wees en die vulsel mag nie sak nie. Sy was ook baie lief vir naaldwerk en het die mooiste skinkbordlappies en servette met soveel liefde en geduld geborduur. ✽ Ek sien nou nog hoe Ouma haar magrietjies natmaak met die tuinslang, met haar blou laphoedjie op haar kop en haar geblomde rok. Sy het altyd haar gunsteling-borsspeld daarby gedra. ✽ Ek onthou hoe lekker sy kon lag en hoe lekker sy die bekfluitjie kon speel. Ek onthou hoe haar oë ondeund kon vonkel en hoe haar oë dan weer sag kon word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees4 min read
Altyd Nog 'N Projek
Jy kry Jessie nie sommer om stil te sit vir 'n geselsie nie. Veral nie as sy op haar stukke is by die Cape Town Yarn Festival nie. As sy nie omring is deur bewonde raars van haar werk nie, bied sy 'n werksessie aan. Of is haastig op pad. 'n Gebrek aa
Idees2 min read
Blomme En Blokke
Maak iets moois vir jouself, versier 'n sofa of kikker enige vaal hoekie in die huis op om die grys van die winter te verdryf. Dié besonderse projek sal jou laat besef maakgoed is die beste medisyne vir die siel. MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld (hang va
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu

Related