Die Tuinier Tydskrif

Malcolm se beste wenke

• Praat met die natuur. Kyk en luister, want elke seisoen bied verskillende lesse, maar die natuur sal jou die pad wys.• Moenie Karooplante te veel kompos gee nie, en moenie die aarde te veel hark, skoonmaak of vee nie. Die plante benodig ‘n verspreide deklaag vir beskerming en voedsel.• Maak klein holtes windaf van plante, en hulle sal jou beloon deur hul sade daar te laat val. Daar sal hulle in die natuur se kwekery vestig en ontkiem.• ’n Leegte en heuwels kan ryp weg van plante af kanaliseer. Ryp is soos water; dit is swaar en vloei afdraand na laerliggende dele, waar dit versamel.• Moenie jou tyd mors met plante wat nie klimaat-gepas is nie. Kies eerder inheemse plante as groot blomme en kleurryke, dorstige plante. Die ontwerp gaan meer oor vorm en tekstuur as kleur.• Dormante plante is nie dood nie; hulle rus net. Los hulle uit en sien bruin as ‘n kleur.• Snoei liggies soos die natuur dit doen. Leer by bokke en koedoes terwyl hulle aan die punte peusel om groei te stimuleer. In die natuur verwoes brand die veld, so sny wilde grasse elke paar jaar net terug soos ‘n brand sou doen.• Om die natuur in te laat, beteken ook om mens-like strukture (soos huise) met sensitiwiteit te ontwerp. Verminder hoogte en groot vensters wat voëls kan vermink.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif3 min read
Lekker patats…
Gekookte, gebakte of gebraaide patats (Ipomoea batatas) is ‘n heerlike en gesonde wintertrooskos. Net ‘n klontjie botter, ‘n bietjie geurmiddels en jy kan aansit om te eet. Hulle oortref aartappels in geur en voeding, synde ‘n lae-GI-groente wat jou
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Plantgalery
BRONNE Landskapontwerper: Franchesca Watson – www.franchescawatson.com Kwekery: Renu-Karoo Kwekery – renukaroo@gmail.com ■
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Hangende Tuine
Hangmandjies kan lewe in patio’s, balkonne en tuine blaas. Dit omskep die alledaagse in welige en kleurryke hangende fokuspunte. Leer meer oor hierdie tipe tuinmaak met blomme en loof wat oor die mandjie se rand hang om jou eie kunstige meesterstukke

Related