![f0010-01](https://article-imgs.scribdassets.com/2n13cl8vuocpqq5w/images/fileRZ5KMOZ9.jpg)
![f0010-02](https://article-imgs.scribdassets.com/2n13cl8vuocpqq5w/images/fileMCGMNS87.jpg)
DIT is ’n gevoel wat woorde nie regtig kan weergee nie – om daar te lê terwyl die wiele van ’n enorme masjien oor jou ry, om te hoor hoe die beendere in jou eie kop kraak …
Nee, sê Chané Dreyer, sy wil liewer nie ’n foto deel van hoe sy gelyk het nadat dié trekker van 23 ton oor haar kop gery het nie. Haar gesig is stukkend. Sy sukkel om te eet. “Ek wil nie hê mense moet my só sien nie,” sê sy. Elke keer as sy in die spieël kyk of ’n foto van haarself sien, herinner dit haar aan daardie aaklige dag. “En dis moeilik om terug te kyk.”
Ironies genoeg het dié dag, 16 Mei, hoopvol en optimisties begin. Chané en haar man, Willem, het soos talle