![f0008-01](https://article-imgs.scribdassets.com/9bjyto9r5scpqq9j/images/file88MJZSPP.jpg)
![f0008-02](https://article-imgs.scribdassets.com/9bjyto9r5scpqq9j/images/file8FX33OM7.jpg)
![f0008-03](https://article-imgs.scribdassets.com/9bjyto9r5scpqq9j/images/fileH71Y1TBI.jpg)
SO VER hulle weswaarts op die N12 deur Noordwes gery het, het sy in elke stad en op elke dorp haar man gebel en hom gerus gestel dat sy en die res van die gesin veilig is. Dit was donker, die pad was lank.
Heelaand lank het sy foon kort-kort gelui – ’n oproep uit Potchefstroom, toe Klerksdorp, Wolmaransstad, Bloemhof.
Debbie Christie het geweet haar man, Sam, bekommer hom tuis oor hulle, en hy sou op die nag nie kon ontspan tot hy geweet het hulle is almal veilig by hulle bestemming nie.
Die bellery was niks ongewoons nie.
Debbie (50) en Sam (55) het jare lank al dié gewoonte om mekaar so van hulle vordering op die pad op hoogte te hou.
Veral op dié dag, 16 Junie. Vadersdag.
Met haar en Sam se middeldogter, Sammy-Jo (27), hulle dogter se verloofde, Nico Venter,