Huisgenoot

Maalvleis SONDER TAL

MAALVLEI Si slekker veelsydig en kan as huiskos of vir gaste voorgesit word. Daarmee kan jy ’n verskeidenheid heerlike geregte optower met inspirasie uit verskeie geurprofiele, soos Mediterreens, Mexikaans, Oosters tot Maleis of Indies.

Span bees, vark of selfs hoender hiervoor in.

Kerriemaalvleis-FILOPASTEI

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK EN BAK: 60 MIN.

’n Lekker spoggerige kerriemaalvleis, reg vir gaste.

◗ olie
◗ 2 uie, gekap
◗ 3 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 500 g maer beesmaalvleis
◗ 30-45 ml (2-3 e) tandoorimasala of geroosterde masala
◗ 30 ml (2 e) fyn gemmer
◗ 20 ml (4 t) fyn koljander
◗ 2 x 50 g-sakkies tamatiepasta
◗ ’n knippie suiker en sout en peper
◗ 250 g ertjies
◗ ’n groot hand vol elk gekapte koljanderblare en platblaar-pietersielie
◗ 8 velle filodeeg
◗ gesmelte botter

VIR VOORSIT

◗ 2-3 minikomkommers, gesny
◗ 250 ml (1 k) romerige jogurt
◗ ’n knippie fyn komyn soet brandrissiesous of sterk blatjang
◗ vars slaai

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondvaste bak met kossproei.

1 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en roerbraai die uie en knoffel tot sag.

2 Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.

3 Voeg die speserye en die tamatiepasta by en geur met ’n knippie suiker en sout en peper.

Roer goed en verhit tot geurig. Jy kan ’n klein bietjie water byvoeg, maar die kerrie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Raaisels
WEN ’N BOEK VAN HUMAN & ROUSSEAU PLUS KOM IN AANMERKING VIR DIE MAANDELIKSE TREKKING VAN R1 000. NO 2 552 KOMPETISIEVRAAG Watter dorp in Namibië is ter sprake? As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Huis
Huisgenoot3 min read
Tydloos Maar Nie Prysloos
AS DIT nie vir daardie noodlottige motorongeluk was nie, sou sy op 1 Julie vanjaar haar 63ste verjaardag gevier het, boonop as ’n trotse ouma van vyf. Selfs as die gewese vrou van koning Charles sou sy steeds die wêreld bekoor het, en as William en H
Huisgenoot5 min read
Gestroop Deur Siekte
DIS ’n vernietigende soort pyn, sien ’n mens aan die beeld van die vrou wat hier ineengekrul lê. Haar benerige hande is soos kloue kromgetrek, haar oë op skrefies – asof dit verligting vir die ontsettende seer sal bring. Wanneer ’n paramedikus ingryp

Related