Huisgenoot

KLEIN BLONDE PAKKIE DINAMIET

‘TAYLOR WAS DIE SOORT KIND WAT MENSE SOOS ’N MAGNEET AANGETREK HET’

ELKE paar maande het Scott Swift ’n hele klomp mense gebel: sy dogter se vorige onderwysers, sakevennote, familievriende, musikante en die vervaardigers. Hy’t hulle ingelig oor Taylor se vordering waar hy in die studeerkamer van hulle huis in Hendersonville, naby Nashville, Tennessee, sit.

Scott kón praat. As bankier en voormalige radioverkoopsman het hy geweet net hóé: watter nuwe liedjies sy maak en watter snitte volgende uitkom sedert sy op 15 al ’n platekontrak gehad het. Ook waar sy getoer het in Cher se ou toerbus wat hy gekoop en opgeknap het. Nashville was immers dié dorp in die bedryf waar loopbane gebou word op vars jong gesigte en stowwerige ou netwerke.

Sy harde werk het vrugte afgewerp. Vandag is Taylor (34) ’n miljardêr, meer ’n verskynsel as ’n popster, wat soveel konsertkaartjies verkoop dat sy die nasionale ekonomie ’n hupstoot gee.

Haar albums – 11 ateljeealbums, vier heropgeneemde albums en vier lewendige albums – word onmiddellik verslind deur haar onversadigbare aanhangers, die “Swifties”.

Sy het vanjaar al die ekwivalent van 5 miljoen albums verkoop, wat haar die topverkoper van 2024 maak. Sy is ook die eerste in die geskiedenis van Amerika wat 100 miljoen “album-ekwivalente eenhede” verkoop het. Dís die maatstaf in hierdie nuwe era van musiekstroming.

Die afgelope paar weke het ek die “Swift-roete” gery om te verstaan hoe sy geword het wie sy is: deur Pennsylvania waar sy grootgeword het, New Jersey waar die gesin somers deurgebring het, en Nashville waarheen hulle getrek het toe Taylor 14 was om haar te help om haar groot deurbraak te maak.

Wat ek gevind het, was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Hoe Kies Ek Die Beste Kaartmasjien?
Danksy mededinging tussen handelsmerke is daar groot aanbodverskille, al verrig die toestelle basies dieselfde funksies. Vergelyk die aankoop- en maandelikse koste tussen die toestelle voor jy kies en begroot dan daarvoor. ◗ As jy koop: Hoe meer funk
Huisgenoot2 min read
Afrika-pikkewyne
OP 3 JULIE vanjaar is dit Wêreldseevoëldag en daarom bekyk ons vandeesweek een van die heel spesiaalste seev oëls op aarde – die Afrika-pikkewyn. Hierdie pikkewyne staan ook as brilpikkewyne bekend en kom net in Afrika voor. Wanneer hulle op land ron
Huisgenoot2 min read
Dubbeldoor-geluk
Eers was dit die romanse op Boer soek ’n vrou wat die verbeelding aangegryp het.Toe volg die nuus dat dié TV-paartjie as die musiekduo “Reën” liedjies gaan uitreik. “Vrystaat Vlaktes” het van Reën oornag sterre gemaak, en nog twee treffers het gevolg

Related