![f0046-01](https://article-imgs.scribdassets.com/4ett695m0wcpqqcg/images/file6HN9B60K.jpg)
‘MY gunstelingblom is die rooi hibiskus. Die vuurblom. Hulle blom glo pragtig in Thailand. En in Phuket, het ek gehoor, loop vuurlopers kaalvoet oor gloeiende kole.”
Die onbekende man langs my in die vliegtuig se wenkbroue lig geamuseerd. “Nè?”
Ek voel hoe my wange gloei. “Jammer, ek dink sommer hardop. Ek het eintlik nog altyd ’n ding met vuur. Van kleins af. Daar’s vir my iets magies aan vlamme. Enersyds simboliseer vuur ’n baken van hoop. Soos ’n vuurtoring wat skepe waarsku, ’n flikkerende kersvlam gedurende beurtkrag of die bekoring van brandende Chinese papierlanterns wat uitdryf in die nag om alles te verlig. Maar andersyds is vuur die simbool van allesverterende vernietiging en dood, soos in veldbrande of vulkaanuitbarstings.”
Die man het intussen sy skootrekenaar oopgevou, maar lyk tog asof hy afgetrokke bly luister. Ek babbel senuagtig voort. “My gunstelingtyd van die dag is met sononder wanneer die son soos ’n